Petra

Moet nie verwar word met Petra Diamonds, 'n mynbougroep met diamantemyne in Suid-Afrika, nie.
Petra*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Khazne al-Firaun of "die farao se skatkis" in Petra
Ligging van Petra op 'n kaart (Jordanië)
Petra
Petra
Ligging van Petra in Jordanië
Koördinate: 30°19′43″N 35°26′31″O / 30.32861°N 35.44194°O / 30.32861; 35.44194
Lande Vlag van Jordanië Jordanië
Tipe Kultuur
Kriteria i, iii, iv
Verwysings 326
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1985  (9de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Petra (Arabies: البتراء, Al-Batrāʾ; Antieke Grieks: Πέτρα), onder die Nabateërs bekend as Raqmu, is 'n ruïnestad in suidwestelike Jordanië en was in antieke tye die hoofstad van die Nabatese ryk asook 'n belangrike kruispunt in die Midde-Ooste. Die stad is bekend vir sy graftempels wat uit die rotse gebeitel is. Petra is in 1985 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys en word as een van die sewe nuwe wonders van die wêreld beskou.[1] Die stad is Jordanië se bekendste en mees besoekte toeristebestemming.[2] Petra word weens sy rooi sandsteen "'n roosrooi stad die helfte so oud soos tyd" genoem.

  1. (en) "Opera House snubbed as new Wonders unveiled". Australië: Reuters via ABC. 8 Julie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2011. Besoek op 15 April 2017.
  2. (en) "Petra". Jordan Tourism Board. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 15 April 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search